• Ons Missie

    Dit is die taak van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika om bekostigbare Bybels te voorsien vir elkeen in hul eie taal en in geskikte formate sodat almal die lewegewende boodskap van die Woord mag ervaar.
  • 1

Bybelvertalingsprojekte

BYrans

 

Bybelvertaling bly die kern van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se taak om te verseker dat die Bybel vir alle Suid-Afrikaners in die taal van hul keuse toeganklik is.
 
Die Bybelgenootskap is tans besig met die volgende vertalingsprojekte:
 
!Xun Bybelvertaling
Sowat 4 000 San wat !Xun praat, bly in Platfontein naby Kimberley in die Noord-Kaap. Hierdie groep is aanvanklik van Angola maar bly reeds vir meer as 20 jaar in Suid-Afrika. Daar is ook tussen 10 000 en 15 000 sprekers van hierdie taal wat nog in Angola en Namibië bly.
Die groep in Platfontein het ’n skool, ’n kerk en ’n radiostasie, maar nie ’n Bybel nie. Skriflesing word nog vanuit die Luchazi (’n taal van Angola) en Afrikaanse Bybels gedoen maar die kinders verstaan nie meer Luchazi nie.
Na deeglike navorsing en in samewerking met die Bybelgenootskappe van Namibië en Botswana, asook ander Bybelvertalingagentskappe wat werksaam is in die gebiede waar die San woonagtig is, is ’n besluit geneem dat die Bybelgenootskap van Suid-Afrika die vertaling van die Bybel in !Xun sal onderneem.
’n Vertaalspan wat uit drie lede en ’n Hersieningskomitee van sowat 20 lede bestaan, het in 2018 met die vertaling begin. Die drie vertalers het reeds aparte konsepvertalings (fase 1 en 2) van Genesis tot Openbaring voltooi. Die Hersieningskomitee het reeds Genesis tot Numeri (fase 3) hersien.
 
Khwedam Bybelvertaling
Die Suid-Afrikaanse regering het aangedui dat daar ’n behoefte is om tale in die land te ontwikkel, veral inheemse tale. Khwedam, wat deur van die mense in die Noord-Kaap gepraat word, is een so taal.
Hierdie vertaling sal nie net vir die mense in die Noord-Kaap van waarde wees nie maar sal – net soos die !Xun vertaling wat in 2018 begin is – ook vir diegene in Botswana en Namibië baie beteken. Na samesprekings met verskeie Bybelgenootskappe en ander Bybelvertalingsagentskappe, is daar besluit dat die Bybelgenootskap van Suid-Afrika die vertaling van die Bybel in Khwedam sal doen.
Hierdie projek het in 2019 begin en die vertalers het reeds konsepvertalings (fase 1 en 2) van Genesis tot Psalms afgehandel. Die Hersieningskomitee het reeds Genesis 26 tot 30 hersien (fase 3).

 

Khelobedu Bybelvertaling
Daar is sowat 500 000 mense, wat in dele van die Limpopo bly wat Khelobedu praat en tans is daar geen gedrukte Bybelgedeeltes in hierdie taal beskikbaar nie.
Die projek het in Oktober 2021 begin en die ses vertalers het reeds die konsepvertalings van Mattheus 1 tot 7 klaar gemaak. Die doelwit is om die volledige Bybel in 2030 te voltoo.

 

TjiHlanganu Bybelvertaling
TjiHlanganu word aktief deur ongeveer 500 000 mense gepraat wat in dele van Mpumalanga woon.
Die projek het in Oktober 2021 begin en die vertaling van Genesis 1 en Johannes is reeds voltooi. Daar word beoog om die volledige Bybelvertaling teen 2030 af te handel.

 

Hoe kan jy help?
Elke R100 wat ontvang word, sal help met die vertaling van die Bybel.

Maak 'n verskil. Word 'n saaier van hoop.

 

DIREKTE INBETALING
Bank: ABSA
Rekeningnommer: 260 208 950
Takkode: 632-005
 
* Gebruik asb verwysingsnommer: 1595
 
SNAPSCAN

Bibles for Shonas

 

Bibles for Shonas

  

 
Objective

To make Bibles available to Shona-speaking people who reside in South Africa.

 

Background
  • It is difficult to calculate how many Zimbabweans currently live in South Africa. Sources quote numbers that vary between one and three million.
  • Approximately 70% of the Zimbabwean population is Shona-speaking and use it as their first language.
  • It is very difficult for the Bible Society of South Africa to obtain sufficient stock at an affordable price from our sister society in Zimbabwe so as to meet the Bible needs of the Shona people living in South Africa.
  • In 2017, 26 996 Shona Bibles were distributed in South Africa.
  • Following negotiations we were granted permission to print these Bibles in South Africa for the Shona speakers in our country.
  • Apart from the printing cost we also need to pay royalty fees for these Bibles. These fees will in turn help the struggling Bible Society of Zimbabwe with execution of their task in Zimbabwe.

 

Expected impact
  • Shonas in South Africa who want to read the Bible in their mother tongue, will do so at an affordable price.

 

How can you help?

R565 000 is needed to meet the Bible needs of the Shona people residing in South Africa in 2018.


Make a difference. Be a sower of hope.

 

DIRECT PAYMENT
Bank: ABSA
Account number: 260 208 950
Branch Code: 632-005

* Please use reference code: 1538

CARD PAYMENT

  •   
  •   
Net 'n oomblik ...
Jy sal binnekort na PayU se webblad geneem word waar jy 'n veilige betaling kan maak.

SNAPSCAN
'n Bybel vir
elkeen

Gee nou