LAAI GRATIS AF

 

Gratis aflaaibare produkte

  • All
  • Geletterdheid
  • Vir Die Jeug
  • Vir Jou
  • Vir Jou Bediening
  • Verstek
  • Titel
  • Datum
  • Lukraak
  • Soms word ons oorweldig deur die swaarkry van die lewe. Hierdie Bybelseleksie is saamgestel om dié wat deur donker dieptes gaan nuwe hoop te gee.
    Lees Meer
    • Vir Die Jeug
    • Vir Jou
  • Volg E100, 'n opwindende leesrooster wat jou help om in een jaar deur die Bybel te lees. Dit neem jou deur 100 essensiële Skrifgedeeltes uit die Bybel wat die groter prentjie duidelik maak.
    Lees Meer
    • Vir Die Jeug
  • Die vier Evangelies vertel die verhaal van Jesus se lewe, sy dood en sy opstanding. Hierdie e-boekweergawe van die Evangelies volgens Matteus, Markus, Lukas en Johannes is geneem uit die Afrikaans 1983-vertaling.
    Lees Meer
    • Vir Die Jeug
    • Vir Jou
    • Vir Jou Bediening
  • Die e-boek weergawe van die Evangelie volgens Johannes in Afrikaans (1983-vertaling) met kruisverwysings en voetnote. Beskikbaar in epub-formaat wat op rekenaar, e-lesers, slimfone en tabletrekenaars afgelaai kan word. Die mobi-formaat is ook beskikbaar vir diegene wat 'n Kindle besit.
    Lees Meer
    • Vir Die Jeug
    • Vir Jou
    • Vir Jou Bediening
  • Hierdie Skrifgedeeltes is saamgestel om mense in tye van siekte en moeilike omstandighede te vertroos en te bemoedig.
    Lees Meer
    • Vir Die Jeug
    • Vir Jou
  • Die Bybel is 'n boek wat die ondervinding van mense en die manier waarmee God met ons omgaan, beskryf. Hierdie verwysings sal jou help om boodskappe in die Woord te vind wat sal help om die uitdagings, probleme en vreugdes van die lewe te hanteer.
    Lees Meer
    • Vir Die Jeug
    • Vir Jou
    • Vir Jou Bediening
  • Hierdie pamflet verseker jou van God se liefde en beklemtoon wat dit beteken om 'n kind van God te wees. Verskeie Skrifgedeeltes word aangehaal om jou deur moeilike tye te dra.
    Lees Meer
    • Vir Die Jeug
  • Hierdie handige sakgroottegids, Padkaart vir die lewe, bevat 'n verskeidenheid wyse woorde uit die Bybel. Enigiemand, ongeag of hulle studeer, werk, of uitsien na aftrede, kan dit as 'n riglyn in hulle lewe gebruik. Met God as jou kompas, sal hierdie Skrifgedeeltes jou op jou lewenspad lei en jou help om jou geloof toe te pas in die verskillende fases op jou lewenspad.
    Lees Meer
    • Vir Die Jeug
    • Vir Jou
    • Vir Jou Bediening
  • Die Bybelgenootskap-beweging begin by 'n Walliese meisie, Mary Jones, se begeerte na 'n Bybel. Mary is gebore in 'n tyd toe Bybels baie skaars en duur was en het van kleins af 'n verlange na 'n eie Bybel gehad. Op 15-jarige ouderdom, nadat sy vir jare gespaar het, het sy ongeveer 40 km te voet afgelê om 'n Bybel te bekom.
    Lees Meer
    • Vir Die Jeug
  • Troos vir MIV/vigs-lyers en die mense na aan hulle. Die Bybel het goeie nuus – die goeie boodskap van God se liefde en aanvaarding. Hierdie boekie met talle vertroostende Skrifgedeeltes sal jou bemoedig en jou verseker dat jy nie alleen is nie.
    Lees Meer
    • Vir Jou Bediening
  • Die Bybel is 'n bron van hoop. Dit gee versekering, blydskap en krag. Laai jou eksemplaar van Die Bybel: Hoop vir almal af en lees meer oor hoop in die Bybel en deel dit met ander.
    Lees Meer
    • Vir Jou
    • Vir Jou Bediening
  • Regdeur die Bybel speel vroue 'n belangrike rol. Sommige het in verhouding met God gestaan, terwyl ander weer hulle rug op Hom gedraai het. Hulle was vroue met verskillende dimensies, vroue met verskillende lewensomstandighede.
    Lees Meer
    • Vir Jou
    • Vir Jou Bediening
  • Regdeur die Bybel speel mans 'n belangrike rol. Sommige het in 'n verhouding met God gestaan, terwyl ander weer hul rug op Hom gekeer het. Tog het God met elkeen 'n pad gestap.
    Lees Meer
    • Vir Jou
    • Vir Jou Bediening
  • Die Bybel is baie eeue oud. Tog is die boodskap van hierdie boek uit die verre verlede steeds nuut en vars vir elke generasie. Mag jy in hierdie seleksies uit die Skrif die pad na redding herontdek deur die lewenswaarhede wat daar in God se Woord te vinde is.
    Lees Meer
    • Vir Jou
    • Vir Jou Bediening
  • Hierdie boekie bevat dertig temas met toepaslike Skrifgedeeltes wat verskillende aspekte van versorging belig. Elke tema word afgesluit met vrae vir nabetragting wat jou sal help om die boodskap in die Skrif op jou lewe en jou taak as versorger toe te pas.
    Lees Meer
    • Vir Jou
    • Vir Jou Bediening
  • Die Bybel kan oorweldigend wees vir nuwe lesers. Hierdie boekie sal hulle help om te verstaan wat die Bybel is en hoekom hulle dit moet lees. Dit bevat praktiese voorbeelde wat verduidelik hoe om deur die Bybel te navigeer en help lesers om die Bybel op hulle alledaagse lewe toe te pas.
    Lees Meer
    • Vir Die Jeug
  • Verkragting kan met enige iemand gebeur – selfs die dogter van 'n magtige koning. Hierdie Skrifgedeeltes is saamgestel om slagoffers te bemoedig en te versterk.
    Lees Meer
    • Vir Die Jeug
    • Vir Jou
    • Vir Jou Bediening
  • Hierdie seleksie is spesifiek saamgestel vir 'n handige verwysing waar om plante en diere wat in die Bybel voorkom, te vind, asook 'n hele paar beroepe in die Bybel wat steeds vandag beoefen word. Saamgestel uit die Afrikaans 1983-vertaling.
    Lees Meer
    • Vir Die Jeug
    • Vir Jou
    • Vir Jou Bediening
  • Wanneer ʼn mens in nood is en die Here se krag en vertroosting soek, voel jy soms magteloos. Hierdie Skrifgedeeltes uit die Boek van die Psalms is ingedeel op ʼn wyse wat jou kan help om ʼn gepaste Skrifwoord vir jou omstandighede te vind.
    Lees Meer
    • Vir Jou
    • Vir Jou Bediening
  • Hierdie boekie sit 10 riglyne met toepaslike Skrifgedeeltes uiteen oor hoe om met integriteit te leef en te werk, met ander woorde soos God wil hê ons moet leef en werk. Dit sal ons help om ons daaglikse werk só te doen dat ons God tevrede stel en ook seker kan wees van sy seën. Dit kan deur bestuur sowel as werkers in die werkplek gevolg word sodat almal daarby kan baat vind.
    Lees Meer
    • Vir Jou
    • Vir Jou Bediening
  • Het jy enige vrae oor die Bybel? Hierdie boekie bevat interessante inligting oor die Bybel, insluitend: Het jy geweet?, Wie het die Bybel geskryf?, Wanneer is die Bybel geskryf?, Waarom kan ons die Bybel vertrou?, Hoe betroubaar is die Bybel deur die eeue oorgelewer?, Wat beteken die Bybel vir my? en Hoe kry ek antwoorde op my vrae?
    Lees Meer
    • Vir Die Jeug
    • Vir Jou
    • Vir Jou Bediening
  • Mishandeling en gesinsgeweld bedreig talle mense in ons land. Hierdie seleksie Skrifgedeeltes verseker jou dat Christus gekom het om mense vry te maak van slawerny en bemoedig diegene wat aan mishandeling blootgestel word.
    Lees Meer
    • Vir Jou
    • Vir Jou Bediening
laai meer druk SHIFT sleutel vir alles laai alles
'n Bybel vir
elkeen

Gee nou