AKTIWITEITE VIR BYBELS (A4B)

 
Active
 
Wil jy die Bybelgenootskap van Suid-Afrika en sy missie van bekostigbare Bybels vir elkeen in hul eie taal, ondersteun?

Jy kan enige tipe aktiwiteit aanpak om so geld vir Bybels in te samel. Hou jy daarvan om aktief te wees? Jy kan vir Bybels hardloop, fietstrap, swem of gholf speel. As jou passie dalk elders lê, dan kan jy bak, brei, kook, koffie verkoop of eintlik enige tipe aktiwiteit doen om so die Bybelsaak te ondersteun.

Ons webblad bied jou ’n maklike manier om mense te bereik wat jou aktiwiteit vir Bybels kan borg. Skep jou aanlynprofiel en jy is gereed om jou fondsinsamelingsaktiwiteit met jou netwerk van familie, vriende en kerklede te deel, deur gebruik te maak van aanlynplatforms soos WhatsApp, Facebook, LinkedIn, e-pos en SMS.

Word deel van ons Aktiwiteite vir Bybels-span en word ’n saaier van hoop.