• Ons Missie

    Dit is die taak van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika om bekostigbare Bybels te voorsien vir elkeen in hul eie taal en in geskikte formate sodat almal die lewegewende boodskap van die Woord mag ervaar.
  • 1

Lees en Leer

Die Bybelgenootskap probeer om Bybelbetrokkenheid en geletterdheid deur sy Lees en Leer-inisiatief te bevorder. Hierdie inisiatief bestaan uit twee projekte, die Bybelgebaseerde geletterdheidsprojek en Bybels vir graad 7-leerders. Albei is spesifiek op kinders gerig.

 

Beide hierdie projekte is deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens vir Artikel 18A-openbare weldaadsvoordele goedgekeur. Sakeondernemings, organisasies en trusts wat hierdie projekte finansieel ondersteun, kan hierdie bydraes van hulle belasbare inkomste aftrek. Let asseblief daarop dat hierdie belastingvoordeel slegs op sakeondernemings, organisasies en trusts van toepassing is en nie op individuele donateurs nie.

 

LITERACY BANNER ENG                 GRADE 7 BANNER ENG
     

Bybelgebaseerde geletterdheidsprojek_22

 

As jy kan lees, kan jy leer - bevordering van geletterdheidLITERACY 18A AFR en ENG

 

Die doel van hierdie projek is om deur Bybelgebaseerde geletterdheidsmateriaal basiese geletterdheid, asook Bybelgeletterdheid, onder veral kinders in die grondslagfase van onderwys te bevorder.

Drie boekies My eerste Bybel Doen en Leer Boek, My 2de Bybel Doen en Leer Boek en My 3de Bybel Doen en Leer Boek is in al 11 amptelike tale beskikbaar. Die boekies word gratis beskikbaar gestel aan skole en groepe wat dit nie kan bekostig nie. Deur kinders te help om hulle basiese lees- en skryfvaardighede te ontwikkel, word hulle nie net in hulle alledaagse lewe ondersteun nie, maar word die Bybel ook vir hulle ontsluit.

 

Let asseblief daarop dat hierdie belastingvoordeel slegs op sakeondernemings, organisasies en trusts van toepassing is en nie op individuele donateurs nie.

 

Opsies om te gee:

DIREKTE INBETALING
Bank: ABSA
Rekeningnommer: 260 208 950
Takkode: 632005
 
* Gebruik asb verwysingsnommer: 1533
 
SNAPSCAN

Bybels vir graad 7-leerders projek

 

Bybels vir graad 7-leerders-projekgr7s

  

Die doel van hierdie projek is om gratis Bybels beskikbaar te stel aan graad 7-leerders in skole in die armste dele van ons land.

Graad 7-leerders is die teikengroep vir hierdie projek omdat hulle reeds met begrip kan lees en aan die begin van hulle tienerjare is. Die bybelse boodskap kan help met die vorming van 'n vaste waardestelsel wat hulle kan help om die regte keuses te maak en wanneer hulle hoërskool toe gaan getrou aan hierdie beginsels te bly.


Let asseblief daarop dat hierdie belastingvoordeel slegs op sakeondernemings, organisasies en trusts van toepassing is en nie op individuele donateurs nie.

 

 

Opsies om te gee:

 

DIREKTE INBETALING
Bank: ABSA
Rekeningnommer: 260 208 950
Takkode: 632005
 
* Gebruik asb verwysingsnommer: 1535
 
SNAPSCAN

Projek Manna

Projek Manna maak dit vir die Bybelgenootskap van Suid-Afrika moontlik om die Woord van God deur sy verskillende projekte te voorsien.

 

BANNER MANNA PRISON ENG       BANNER MANNA HEAR WORD ENGnew
     
BANNER MANNA DIGITAL ENGnew   BANNER MANNA POOR ENG
     
BANNER MANNA NEIGHBOUR COUNTRIES ENG   BANNER MANNA RESTORING HOPE ENG
     

 

 

 

 

 

 

'n Bybel vir
elkeen

Gee nou