VIER JOU LEWE

 
legacy
 
Christene gee om 'n verskil te maak. Danksy die nalatenskap van Christene in vorige geslagte is miljoene lewens deur die bybelse boodskap verander. Jou hulp is van lewensbelang.

 

thumb nalatenskap

 

Het jy geweet?

Deur 'n bemaking aan die Bybelgenootskap help jy om:

  • te verseker dat die Bybel beskikbaar is in 'n taal wat mense verstaan en in formate wat geskik is vir die tyd
  • 'n Bybel te plaas in die hand van iemand wat te arm is om een te koop
  • Braille- en Oudiobybels beskikbaar te stel sodat blindes kan lees en hulle wat nie kan lees nie, kan hoor.

Indien jy 'n bemaking wil maak wat lewens kan verander, onthou:

  • jou testament is in die eerste plek 'n geleentheid om voorsiening te maak vir diegene vir wie jy lief is en vir wie jy omgee
  • om seker te maak dat jy 'n geldige testament het.


Laai 'n vorm af om 'n kodisil tot jou bestaande testament te voeg. (Dit is raadsaam om 'n kundige persoon in hierdie verband te spreek.)

Vir meer inligting stuur 'n e-pos aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..


Dankie dat jy 'n bemaking aan die Bybelgenootskap oorweeg want enige geskenk, groot of klein, kan help om deur die Bybel lewens te verander!