BID SAAM MET ONS BYBELGENOOTSKAPPE

 

 pray

 
 

17 – 23 Maart

Botswana: Bid vir die vertaling van die Bybel in Botswana Gebaretaal. Bid vir die suksesvolle implementering van hierdie projek en dat die Dowes God se liefde deur sy Woord mag ervaar.

 

Mosambiek: Bid vir ons Bybelvertaling- en hersieningsprojek om die Ndau-gemeenskap van ’n Bybel
te voorsien wat in gekontekstualiseerde taal geskryf is waarmee hulle kan identifiseer. Bid vir donateurs en vennote wat hierdie projek kan ondersteun en op hierdie manier ons mense kan seën.

 

Zimbabwe: Bid vir die nodige fondse om die Bybel in Tonga te vertaal, asook die beskikbaarstelling daarvan in druk en aanlyn. Hierdie vertaling sal Tonga-sprekers help om die Woord van God te verstaan en om beter by die boodskap aanklank te vind.

  

Laai die kwartaallikse (Q1 2024) PDF-dokument hier af.

  Kaart Nov Des