• Ons Missie

    Dit is die taak van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika om bekostigbare Bybels te voorsien vir elkeen in hul eie taal en in geskikte formate sodat almal die lewegewende boodskap van die Woord mag ervaar.
  • 1

Bybels vir gevangenes projek

 

Bybels vir gevangenis-projekMANNA PRISON

 

Die Woord van God bring troos en hoop aan mense onder korrektiewe toesig en kan ’n belangrike bydrae lewer in die rehabilitasie van hulle lewens. Hierdie projek voorsien gratis Bybels aan gevangenes om die boodskap van vergifnis en 'n nuwe lewe in Jesus Christus met hulle te deel.

 

Elke bydrae van R100 wat ons ontvang, maak dit moontlik om een Bybel te versprei.

 

Dink aan die gevangenes asof julle medegevangenes is, aan hulle wat mishandel word asof julle dit self aan julle liggaam beleef. Hebreërs 13:3

 

 

 

 

Opsies om te gee:

DIREKTE INBETALING
Bank: ABSA
Rekeningnommer: 260 208 950
Takkode: 632005
 
* Gebruik asb verwysingsnommer: 1504
 
SNAPSCAN

Digitale Bybelverspreidingsprojek

 

Digitale BybelverspreidingsprojekMANNA DIGITAL eng

  

Die digitale landskap is groot en verreikend. Daarom is dit 'n ideale medium vir Bybelverspreiding en om Bybelbetrokkenheid te bevorder. Die Bybelgenootskap stel die Bybel gratis in al 11 tale aanlyn op verskillende platforms, soos BibleSA en YouVersion, beskikbaar.

 

Elke bydrae van R100 wat ons ontvang, maak dit moontlik om een Bybel te versprei.

 

Want dit is die boodskap wat julle van die begin af gehoor het: Dat ons mekaar moet liefhê ... 1 Johannes 3:11

 

 

 

 

Opsies om te gee:

DIREKTE INBETALING
Bank: ABSA
Rekeningnommer: 260 208 950
Takkode: 632-005
 
* Gebruik asb verwysingsnommer: 1310
 
SNAPSCAN

Bybels vir ons buurlande projek

 

Bybels vir ons buurlande-projekMANNA NEIGHBOUR COUNTRIES

  

Die Bybelgenootskappe in Botswana, Lesotho, Namibië en Eswatini kry finansieel swaar. Die doel van hierdie projek is om hulle te help met Bybelverspreiding in hulle onderskeie lande waar sommige van ons eie tale ook gepraat word.

 

Elke bydrae van R100 wat ons ontvang, maak dit moontlik om een Bybel te versprei.

 

Dra mekaar se laste, en vervul so die wet van Christus. Galasiërs 6:2

 

 

 

 

Opsies om te gee:

DIREKTE INBETALING
Bank: ABSA
Rekeningnommer: 260 208 950
Takkode: 632005
 
* Gebruik asb verwysingsnommer: 1517
 
SNAPSCAN

Bring hoop

 

Bring hoop-projekMANNA RESTORE HOPE

  

Die doel van die projek is om hoop te bring vir mense wie se lewens deur skielike en traumatiese gebeure geraak is. Dikwels beteken dit die verlies van materiële besittings, insluitend Bybels. Deur die Woord van God in hulle hande te plaas, word hulle bemoedig en gee dit weer hoop.

 

Elke bydrae van R100 wat ons ontvang, maak dit moontlik om een Bybel te versprei.

 

Hoe bly die liefde van God in iemand wat genoeg aardse besittings het en sy broer sien gebrek ly, maar sy hart nogtans vir hom toesluit? 1 Johannes 3:17

 

 

 

 

Opsies om te gee:

DIREKTE INBETALING
Bank: ABSA
Rekeningnommer: 260 208 950
Takkode: 632-005
 
* Gebruik asb verwysingsnommer: 1560
 
SNAPSCAN
'n Bybel vir
elkeen

Gee nou