PROJEKTE 2018

 

Bybels vir Shonas

  

 
Doel

Om Bybels beskikbaar te stel vir Shonasprekendes wat hulle in Suid-Afrika bevind.


Agtergrond
  • Dit is moeilik om betroubare getalle te bekom van hoeveel Zimbabwiërs hulle in Suid-Afrika bevind. Die bronne wissel tussen een en drie miljoen.
  • Ongeveer 70% van Zimbabwe se bevolking is Shonasprekend en gebruik dié taal as hulle eerste taal.
  • Dit is baie moeilik vir die Bybelgenootskap van Suid-Afrika om genoeg voorraad teen 'n bekostigbare prys van ons sustergenootskap in Zimbabwe te bekom sodat ons in Shonas in Suid-Afrika se Bybelbehoeftes kan voorsien.
  • In 2017 is daar 26 996 Shona Bybels in Suid-Afrika versprei.
  • Na onderhandelinge is daar toestemming verleen dat ons Bybelgenootskap hierdie Bybels kan laat druk vir Shonasprekendes in ons land.
  • Behalwe drukkoste moet daar ook kopiereggelde betaal word vir hierdie Bybels. Dié gelde sal die Bybelgenootskap van Zimbabwe wat baie swaarkry, help met die uitvoer van sy taak in Zimbabwe.

Verwagte impak
  • Shonas in Suid-Afrika wat die Bybel in hulle moedertaal wil lees, sal dit teen 'n bekostigbare prys kan bekom.

Hoe kan jy help?

R565 000 word benodig om in 2018 in die Bybelbehoeftes van Shonas in Suid-Afrika te kan voorsien.


Maak 'n verskil. Word 'n saaier van hoop.

 

DIREKTE INBETALING
Bank: ABSA
Rekeningnommer: 260 208 950
Takkode: 632-005
 
* Gebruik asb verwysingsnommer: 1538

BETALING MET BANKKAART

  •   
  •   
Net 'n oomblik ...
Jy sal binnekort na PayU se webblad geneem word waar jy 'n veilige betaling kan maak.

SNAPSCAN