• Ons Missie

    Dit is die taak van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika om bekostigbare Bybels te voorsien vir elkeen in hul eie taal en in geskikte formate sodat almal die lewegewende boodskap van die Woord mag ervaar.
  • 1

Sepedi Bybelvertaling

 

Sepedi

Sepedi is die huistaal van meer as 4,6 miljoen Suid-Afrikaners en word hoofsaaklik in Limpopo en Gauteng gepraat.

Die eerste Bybelgedeeltes om in Sepedi gepubliseer te word, is die Nuwe Testament wat deur JFC Knothe van die Berlynse Sendinggenootskap vertaal en in 1890 gepubliseer is. Dit was gevolg deur die eerste volledige Bybel wat deur die Britse en Buitelandse Bybelgenootskap in 1904 gepubliseer is.

In 1951 het 'n hersiene uitgawe van hierdie Bybel in 'n nuwe ortografie verskyn en in 2000 word 'n nuwe Sepedi Bybelvertaling deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika uitgegee.

'n Bybel vir
elkeen

Gee nou