PROJEKTE 2018

 

Hoor die Woord

  

 
Doel

Om die volledige Bybel in oudioformaat in al ons amptelike landstale aan almal beskikbaar te stel wat verkies om na die Bybel te luister.

 

Agtergrond
  • Miljoene Suid-Afrikaners is funksioneel ongeletterd en kan nie goed lees nie.
  • Miljoene ander leef in 'n samelewing waar daar net nie meer gelees word nie.
  • Bybels is beskikbaar op die Audibible – 'n klein, herlaaibare toestel wat ontwerp is om op enige plek gebruik te kan word.
  • Die Bybelluisterprogram moedig groepe aan om saam na die Bybel te luister en dit wat hulle hoor te bespreek.
  • Enkelstemopnames word gebruik en tans is die volledige Bybel in Afrikaans (1933/1953 en 1983), Engels, isiZulu, Sepedi, Setswana, Sesotho en isiXhosa beskikbaar.
  • Die opnames van die Siswati, Tshivenda, Xitsonga en isiNdebele Bybels sal hopelik vanjaar voltooi word.

 

Verwagte impak
  • As deel van 'n luistergroep sal mense die geleentheid hê om deur die Bybel te werk en dit kan tot geestelike groei lei.
  • Ongeletterde mense kan in 'n veilige omgewing na die Bybel luister en terselfdertyd hul geletterdheidsvaardighede verbeter.

 

Hoe kan jy help?

R250 000 word in 2018 vir die Bybelluisterprogram benodig.


Maak 'n verskil. Word 'n saaier van hoop.

 

DIREKTE INBETALING
Bank: ABSA
Rekeningnommer: 260 208 950
Takkode: 632-005
 
* Gebruik asb verwysingsnommer: 1170

BETALING MET BANKKAART

  •   
  •   
Net 'n oomblik ...
Jy sal binnekort na PayU se webblad geneem word waar jy 'n veilige betaling kan maak.

SNAPSCAN