PROJEKTE

 

 

Khwedam Bybelvertaling

  

Khwedam 2

 
Doel

Om die volledige Bybel in Khwedam te vertaal.

 

Agtergrond
  • Hoewel daar regoor die wêreld meer as 5,6 miljard mense is wat toegang het tot die Bybel in hul taal, is daar nog baie taalgroepe wat nie so bevoorreg is nie. Die mandaat van Bybelgenootskappe wêreldwyd is om die volledige Bybel aan alle gemeenskappe in hul moedertaal beskikbaar te maak.
  • Die Suid-Afrikaanse regering het ook die behoefte uitgespreek dat veral inheemse tale bevorder en verder ontwikkel moet word. Khwedam, wat deur ’n sekere groep in die Noord-Kaap gepraat word, is so ’n taal.
  • Net soos ons !Xun Bybelvertaling, sal hierdie vertaling nie net die mense in die Noord-Kaap dien nie, maar ook inwoners in Botswana en Namibië waar Khwedam ook gepraat word. Na samesprekings met verskeie Bybelgenootskappe en Bybelvertalingagentskappe, is daar besluit dat die Bybelgenootskap van Suid-Afrika verantwoordelik sal wees vir die vertaling van die Bybel in Khwedam. Hierdie projek het in 2019 begin en die vertalers het reeds konsepvertalings (fase 1 en 2) van Genesis tot Samuel gedoen.

 

Verwagte impak
  • Khwedamsprekers in Suid-Afrika, Botswana en Namibië sal die Bybel in hul moedertaal kan lees.

 

Hoe kan jy help?

Elke R100 wat ontvang word, sal vanjaar help met die vertaling van die Bybel in Khwedam.


Maak 'n verskil. Word 'n saaier van hoop.

 

DIREKTE INBETALING
Bank: ABSA
Rekeningnommer: 260 208 950
Takkode: 632-005
 
* Gebruik asb verwysingsnommer: 1013

BETALING MET BANKKAART

  •   
  •   
Net 'n oomblik ...
Jy sal binnekort na PayGate DPO se webblad geneem word waar jy 'n veilige betaling kan maak.

SNAPSCAN