PROJEKTE 2018

 

 

Bybels vir die armes

  

Project top 2

 
Doel

Om Bybels gratis op 'n verantwoordelike manier beskikbaar te stel aan diegene wat dit nie kan bekostig nie.

 
Agtergrond
  • Volgens Statistieke Suid-Afrika leef 30,4 miljoen Suid-Afrikaners in armoede. Een uit elke drie Suid-Afrikaners leef op 'n inkomste van minder as R797 per maand, met meer vroue in armoede as mans, en kinders en bejaardes word die swaarste getref. Vir een uit elke sewe Suid-Afrikaners beteken dit gebrek aan voedsel, hulle moet op R441 of minder per maand oorleef.
  • Volgens die jongste beskikbare syfers is 27,7% van die ekonomies aktiewe bevolking in Suid-Afrika werkloos.
  • Die Bybel bring hoop maar baie mense kan nie 'n eie Bybel bekostig nie. Versoeke stroom daagliks by ons Bybelhuise in van mense wat graag 'n eie Bybel wil ontvang of van kerke wat armes daarmee wil help.
  • Daar is 'n strategie in plek om te verseker dat die Bybels die regte mense bereik.
  • In 2017 het 18 291 mense wat nie 'n eie Bybel kon bekostig nie, danksy hierdie projek, een ontvang.
 
Verwagte impak
  • Die Bybel word in die hande geplaas van mense wat dit broodnodig het, maar wat dit nie kan bekostig nie.
  • Die krag van die Lewende Woord sal troos en hoop bring aan mense wat soms voel dat hulle deur die samelewing verstoot en vergeet word.
 
Hoe kan jy help?

R700 000 word in 2018 spesifiek vir hierdie projek benodig.


Maak 'n verskil. Word 'n saaier van hoop.

 

DIREKTE INBETALING
Bank: ABSA
Rekeningnommer: 260 208 950
Takkode: 632-005
 
* Gebruik asb verwysingsnommer: 1505

BETALING MET BANKKAART

  •   
  •   
Net 'n oomblik ...
Jy sal binnekort na PayU se webblad geneem word waar jy 'n veilige betaling kan maak.

SNAPSCAN