PROJEKTE

 
 Project top 2MIL AFR  THERMOMETER PROJECT 567px AFR 1711

 


Doel

Om, bykomend tot ons algehele jaarlikse Bybelverspreiding, twee miljoen Bybels en twee miljoen stelle Bybelgebaseerde geletterdheidsboekies beskikbaar te maak as deel van ons tweede eeufeesviering. Dit sal help om Bybelarmoede en die geletterdheidsbehoefte in ons land aan te spreek.

 

Agtergrond
  • Onlangse navorsing toon dat sowat 23 miljoen Bybels in Suid-Afrika benodig word.
  • Baie huishoudings het dalk net een Bybel en benodig meer vir ander gesinslede. In Suid-Afrika, het 5% van Christenhuishoudings glad nie ’n Bybel nie.
  • Werkloosheid is wêreldwyd 'n sosio-ekonomiese probleem. Dit is ook in Suid-Afrika 'n groot uitdaging, met die nasionale werkloosheidsyfer van meer as 30%. In sekere gemeenskappe is dit so hoog as 60%. Suid-Afrika is onder die top 20 lande in die wêreld met die hoogste werkloosheidsyfer.
  • Basiese onderrig in Suid-Afrika skiet ver tekort. ’n Onlangse studie het getoon dat Suid-Afrika ’n massiewe geletterheidsprobleem in die gesig staar. Die studie het bevind dat vier uit vyf graad 4-leerders se leesvermoë is laer as die internasionale aanvaarbare standaard.

 

Verwagte impak
  • Die Bybel word in die hande geplaas van mense wat dit broodnodig het, maar wat dit nie kan bekostig nie.
  • Die krag van die Woord van God sal hoop en versekering bring op 'n beter toekoms.
  • Terwyl kinders, waarvan sommige uit minder bevoorregte huise, die nodige lees- en skryfvaardighede bemeester, sal hulle ook op ’n vroeë ouderdom van Jesus en die Bybel hoor.
  • Baie kinders wat die geletterdheidsboekies ontvang, kom uit gesinne waar die ouers ook nie kan lees nie. Die kinders sal die boekies huis toe neem en moontlik die ouers leer lees.

 

Hoe kan jy help?

R200 000 000 word benodig vir die befondsing van hierdie projek wat tot Oktober 2021 duur. Elke R100 wat ontvang word, sal die verspreiding van een Bybel en ’n stel Bybelgebaseerde geletterdheidsboekies moontlik maak.

R100 afr

Maak 'n verskil. Word 'n saaier van hoop.

 

DIREKTE INBETALING
Bank: ABSA
Rekeningnommer: 260 208 950
Takkode: 632-005
 
* Gebruik asb verwysingsnommer: 2020

BETALING MET BANKKAART

  •   
  •   
Net 'n oomblik ...
Jy sal binnekort na PayGate DPO se webblad geneem word waar jy 'n veilige betaling kan maak.

snapscan afr 2020