IN DIE NUUS

 

Fietse brul weer vir Bybels

news 8

Dit is weer tyd vir die Word Riders-toer wanneer motorfietsryers die lang pad vat vir Bybels.

Vanjaar se toer is deur die suidelike deel van die Oos-Kaap. 'n Groep van 59 mense wat 37 motorfietse insluit het op 7 April vanaf Port Elizabeth vertrek.

Die toer is ter ondersteuning van die Bybelgenootskap se projek Bybels vir Graad 7-leerders.

Die dorpe wat die groep sal besoek is Jeffreysbaai, Humansdorp, Willowmore, Uniondale, Aberdeen en Graaff-Reinet. Volg die Word Riders blog om op die hoogte te bly van die jongste nuus.

Die toer eindig op 13 April en ons vertrou dat die uitreik die harte van die kinders sal aanraak en hul lewens sal verander.

Wie of wat ek is is nie belangrik nie, waar my spore lê, is wat saak maak – Word Riders se slagspreuk.