BYBELS VIR DIE OEKRAïNE

 

Bybels vir die Oekraïne: Hoop te midde van oorlog

  

Banner Ukaraine

 
Doel

Om fondse in te samel om die Oekraïense Bybelgenootskap te help om Bybels aan die mense van Oekraïne te verskaf.

 

Agtergrond

In die aanloop tot die oorlog in die Oekraïne, het die Hoofsekretaris van die Oekraïense Bybelgenootskap, Rev Oleksandr Babiychuk, 'n beroep om hulp gedoen: "Ons sien so baie mense wat vrees- en paniekbevange is deur die nimmereindigende stroom van slegte nuus. Tog bly ons, saam met ons kerke, vol vertroue dat God se Woord vertroosting, vrede en versoening kan bring."

Hy vra verder hulp sodat die Oekraïense Bybelgenootskap in die groot geestelike behoefte wat tans in hierdie land heers, kan voorsien. "Inwoners benodig die Bybel in hierdie tyd van vrees te midde van konstante oorlogsaktiwiteite en onsekerheid," is sy pleidooi.

Rev Babiychuk vertel ook van die hartverskeurende oomblik toe 'n pastoor van Sentraal-Oekraïne nie enige Bybels van die Bybelgenootskap kon bekom nie. "Selfs met ontbrekende bladsye of beskadig, sou hierdie Bybels van groot waarde wees vir die mense van my gemeente,” het hy gesê toe daar geen Bybels meer beskikbaar is nie.

Sedert die uitbreek van die oorlog was daar ook talle oproepe om gebed. "Ek is pastoor Khramov wat in die stad Kharkiv werk. Ons vra almal om asseblief vir ons te bid. Bid dat lewens gespaar word en dat daar ook in die geestelike en fisiese behoeftes van die mense voorsien sal word."

 

Hoe kan jy help?
  • Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika wil die Oekraïnse Bybelgenootskap bystaan om die Woord van God beskikbaar te stel aan die inwoners van Oekraïne. Hulle wil veral uitreik na die weermag en hul gesinne, mense wat naby die voorste linies woon en diegene wie se harte deur vrees en verliese aangegryp word.
  • Kom vat biddend hande met die Bybelgenootskap van Suid-Afrika om vrede, moed en vertroosting aan die mense van Oekraïne en Rusland te bring.


Maak 'n verskil. Word 'n saaier van hoop.

 

DIREKTE INBETALING
Bank: ABSA
Rekeningnommer: 260 208 950
Takkode: 632-005
 
* Gebruik asb verwysingsnommer: 1145

BETALING MET BANKKAART

  •   
  •   
Net 'n oomblik ...
Jy sal binnekort na PayGate DPO se webblad geneem word waar jy 'n veilige betaling kan maak.

snapscan afr 2020